... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat God Regtig van Jou Wil Hê

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos ’n rivier wat nooit gaan staan nie.

Listen to the radio broadcast of

Wat God Regtig van Jou Wil Hê


Download audio file

Soos enigiets in die lewe, kan Christenskap omskep word in ‘n winsgewende besigheid. Die rykdom van sommige kerke is verstommend. En dit is maklik vir eenvoudige godvresende mense soos ek en jy om daarby ingesuig te word.

Ek klink nou ‘n  bietjie onsensitief, nie waar nie? Maar ons weet dat die Christelike kerk regoor die wêreld triljoene rande se vaste eiendom en bates besit, en dat dit nie altyd met wysheid gebruik word nie. Ek is seker jy sien volop advertensies op sosiale media vir hierdie konferensie, daardie optrede, hierdie beweging van God en daardie profetiese … wel, daar is soveel dat jy nie kan voorbly met al die inligting nie!

Natuurlik het die kerk bates nodig om God se werk te doen. Nouja, daar behoort seker vergaderings regoor die wêreld te wees om God se Woord te bestudeer en Hom te aanbid. Maar jy kan so maklik vasgevang word in die truuks; die selfverheerlikende besigheid van die hedendaagse Christendom, dat jy uit die oog verloor wat God regtig wil hê. Wat wil hy hê?

Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos ’n rivier wat nooit gaan staan nie. (DB)

Dit is nie alles so ingewikkeld nie. Aanbid God met jou hele hart, met alles wat jy is. Leef jou geloof in liefde uit deur billik en regverdig te wees. En moenie vasgevang word in al die bohaai nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.