... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Duiwelse Trots

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 4:5-7 Daarna bring die duiwel Hom op 'n hoogte en wys Hom in 'n oogwink al die koninkryke van die wêreld. Toe sê die duiwel vir Hom: “Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. Dit sal alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.”

Listen to the radio broadcast of

Duiwelse Trots


Download audio file

Het die duiwel al ooit ‘n hoek, gelaai met die aas van versoeking voor jou neus rondgeswaai om jou uit te lok? Daardie aas van hoe suksesvol jy kan word en hoe jy mense sal beïndruk. Toemaar, my vriend, jy is nie alleen nie!

Daar is volop situasies in hierdie lewe waar jy versoek word. Dink byvoorbeeld aan die kere wat jy jouself met ander vergelyk en besluit jy skiet te kort; tye wanneer die lewe nie uitwerk soos jy gehoop het dit sal nie; selfs wanneer jy misluk het en jy besig is om die stukke op te tel.

Maar weet jy, daardie geleenthede kom wink steeds vir jou. En om die waarheid te sê, wanneer ons terneergedruk voel, soos ons almal van tyd tot tyd maar geneig is om te voel, is daardie geleenthede soveel meer aanloklik. Dit is hoekom so baie mense ingesuig word deur hierdie kits-ryk-word-swendelary. Die sprankel van sukses is so groot daar te midde van jou lyding, dat die uitdaging om ‘n mal risiko te loop, nie so erg lyk nie.

Jesus was al veertig dae in die woestyn. Hy het niks geëet nie. Hy was swak. Hy was kwesbaar.

Lukas 4:5-7 Daarna bring die duiwel Hom op ‘n hoogte en wys Hom in ‘n oogwink al die koninkryke van die wêreld. Toe sê die duiwel vir Hom: “Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. Dit sal alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.”

Joshua Botello die skrywer en spreker stel dit so: as die duiwel jou nie kan afdruk nie, sal hy jou probeer opblaas. Moenie in die versoeking kom nie. Moenie trots word nie; bly nederig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.