... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer die Heilige Gees ons Verlaat

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer die Heilige Gees ons Verlaat


Download audio file

Sê my, wat is die verskil tussen om die reëls te volg en om Jesus te volg? Hoekom kan ons nie eers die padreëls gehoorsaam nie, en tog verander alles wanneer ons Jesus volg?

Deur die geskiedenis van die mensdom het mense probeer om boosheid te oorwin – die boosheid van ander mense, maar ook die boosheid wat noodgedwonge uit ons eie sondige harte kom.

En ons weet dat deur die jare heen, mense se planne misluk het. Hulle het allerhande dinge probeer. Verskillende regeringsvorme – van tirannie tot demokrasie; verskillende ekonomiese ordes – van kommunisme tot kapitalisme; selfs ‘n spul godsdienstige oplossings – selfs die Christendom. Nie een van hulle het gewerk nie. En daar is ‘n rede daarvoor. Nie een van hulle was ooit veronderstel om te werk nie!

2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van ‘n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

Met ander woorde, wette is nie die antwoord nie. Hulle bring net mislukking – dood. Maar die Gees – God die Heilige Gees – gee lewe. Dis hoekom ou, wettiese godsdienste nog nooit vryheid en lewe gegee het nie, en weet jy, dit sal ook nooit nie!

Die popster, Bono van U2, het dit so gestel: wanneer die Heilige Gees ons verlaat en nie meer daar is nie, is godsdiens al wat oorbly.

God het vir Jesus gestuur om te sterf om vir ons sonde te betaal. Maar Jesus het weer opgestaan om ons ‘n nuwe lewe en sy Heilige Gees te gee. Hierdeur het Hy sy lewe in ons geblaas op ‘n manier wat nooit kan gebeur as ons blote reëls volg nie.

Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.