... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Groot Belofte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:12 “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

Listen to the radio broadcast of

‘n Groot Belofte


Download audio file

Jesus het dinge gesê en gedoen wat heeltemal “onortodoks,” en absoluut onverwags was. Ons staan dikwels in verwondering wanneer ons in die Evangelies van sy lewe lees.

Oor die afgelope paar dae het ons gesien hoe die dissipels, sy naaste volgelinge, Hom in die dae wat gelei het tot die kruisiging, in die steek gelaat het. Ja, ons weet, hulle was almal hartstogtelik, ywerig en opgewonde toe Hy die siekes genees het, op die water geloop het en kragtig gepreek het. . .

Maar waar was hulle toe die komplot om Jesus te kruisig al hoe meer bedreigend geword het? Toe hulle eie lewens bedreig was? Toe Jesus deur Pontius Pilatus verhoor is, waar was hulle? Hulle het soos mis voor die son verdwyn. Dit het Petrus, die ou wat net ‘n rukkie vantevore beloof het om tot aan die einde by Jesus te bly, net ‘n jong meisie by die vuur gekos om Jesus drie keer te verloën.

Maar Jesus het baie goed geweet dat hulle Hom in die steek sou laat. Vir hierdie mooiweersvriende, vir hierdie klomp liggelowiges, het Hy gesê:

Johannes 14:12 Ek kan julle verseker dat elkeen wat in My glo, dieselfde dinge sal doen wat Ek gedoen het. En hulle sal nog groter dinge doen as wat Ek gedoen het, want Ek gaan na die Vader.

Hy het hulle sonde oorgesien. Vir Hom was hulle mislukkings voor-die-hand-liggend en nie ‘n verrassing nie. Maar, Hy het ‘n plan gehad: ‘n Plan om aan die Kruis vir hulle sondes te betaal en so vir hulle regspraak voor God te gee; ’n Plan om hulle te seën op maniere wat hulle nooit kon dink nie; ‘n Plan om so kragtig deur hulle te werk, dat hul lewens biljoene mense oor tweeduisend jaar en nog verder in die toekoms sal beïnvloed.

Hulle mislukking is ons mislukking. Hulle sonde is ons sonde. Ons is nie anders nie! Wanneer jy dus in die spieël kyk en jou sonde, is al wat jy kan sien, onthou net dat Jesus ‘n plan het. Die goeie nuus kom!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.