... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Voorbedagte Plan om te Sondig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

Listen to the radio broadcast of

Jou Voorbedagte Plan om te Sondig


Download audio file

Elkeen van ons het so een swakheid, daardie één ou krakie in ons wapenrusting, daardie één ou sondetjie … wat gereeld terugkom om by ons te spook om ons geloofsreis te ontspoor. Jy weet waarskynlik reeds wat joune is.

Ek weet beslis wat myne is. Maar weet jy wat die dinamiek is, wat geneig is om homself af te speel wanneer daardie een spesifieke versoeking oor ons pad kom? Ons probeer dit vir ‘n rukkie onderdruk en weerstaan, maar daardie versoeking om te skinder; daardie versoeking om so ‘n bietjie oneerlik te wees; daardie versoeking. … wat dit ook al mag wees, word sterker en sterker.

Ag, en dan onthou jy skielik dat dit nie regtig saak maak nie, God gaan jou tog vergewe omdat jy in Jesus glo en net daar gee jy jouself sommer op die daad –‘n kom-uit-die-tronk-vrykaart! Dan doen jy dit! Jy het dus met voorbedagte rade besluit om toe te gee aan die versoeking. Klink dit bekend?

Nee wag, kom ons kyk wat sê God se Woord:

Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

Dit is ‘n retoriese vraag, ingeval jy wonder. Hoe kan jy aanhou met jou sonde? Is dit wat God hier deur die apostel Paulus vir ons vra? Hoe kan jy, ná alles wat Ek vir jou gedoen het, deur Jesus aan die Kruis vir jou te laat sterf? Hoe kan jy dink jou gedrag is aanvaarbaar?

Die genade van God in Jesus Christus is nie ‘n vrypas om aan te hou sondig nie. Dit is nie ons lisensie om weer en weer aan daardie selfde versoeking toe te gee nie. Nee, ek bid dat die volgende keer wanneer jy daarop reken om jouself nog ‘n voorbedagte vrypas vir sonde te gee, dat die Heilige Gees jou aan God se vraag sal herinner:

Hoe kan jy?

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.