... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Liefde is …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 13:4,5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

Listen to the radio broadcast of

Liefde is …


Download audio file

Party mense vra die vraag: “Waarom iets in ses woorde sê, as jy dit in sestig kan sê?” Ek was nog altyd geneig om dit anderste om te wil doen! ‘n Blomryke styl kan sommige mense beïndruk, maar kom ons wees eerlik, kort en kragtige woordgebruik is die meeste van die tyd baie meer effektief.

Elke dag wanneer ek hierdie boodskappe voorberei, spandeer ek heelwat tyd om dit te hersien; om dit korter te maak, om die taal te vereenvoudig en om by die kern van wat God in sy Woord sê, uit te kom. Dit is nie my doel om jou met my welsprekendheid te verblind nie; ek wil net die liefde van Jesus Christus eenvoudig en duidelik met jou deel.

Dis hoekom ek so lief is vir hierdie spesifieke versie uit die Bybel. Die krag in die eenvoud van min woorde, is asemrowend.

1 Korintiërs 13:4,5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

Kom ons fokus net op die eerste agt woorde. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik.

As ons net in ons lewensruimte, daardie agt woorde konsekwent saam met al God se kinders, dwarsoor die wêreld, uitgeleef het, sou die wêreld radikaal anders gelyk het, nè?

‘n Rukkie gelede het ek eendag ervaar hoe dinge my van alle kante aangeval het. Ek was onder groot druk en ek het opgemerk dat ek ongeduldig begin raak het. Ek het gestop, diep asemgehaal en toegelaat dat die Here my diep in my hart aan daardie agt woorde herinner. Dit het my houding en my optrede onmiddellik verander.

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik. Dit is agt kragtige lewensveranderende, wêreld-transformerende woorde.

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.