... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Langs die Weg van Goedheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 12:28 Die pad van die regverdige loop na die lewe; dit is nie ’n pad wat na die dood toe lei nie.

Listen to the radio broadcast of

Langs die Weg van Goedheid


Download audio file

Navorsing oor ‘n lang tydperk het bevind dat maatskappye wat langtermyn sukses ervaar, binne ‘n gesonde morele raamwerk funksioneer. Hulle doen eerlike besigheid; hulle is ordentlik teenoor hul werknemers en kliënte, ensovoorts.

Destyds toe ek en my sakevennote – almal voormalige militêre offisiere – ons IT-konsultasiebesigheid begin het, het ons die oudste, wysste en mees senior vennoot as die uitvoerende hoof aangestel.

En uit die staanspoor het hy dit duidelik gemaak dat die grondbeginsel wat alles wat ons doen sou onderlê, bepaal dat ons altyd in die beste belang van ons kliënte sal optree, selfs wanneer dit nie vir ons kommersiële voordeel ingehou het nie.

Ek was toe nog nie ‘n Christen nie, en ek moes ‘n bietjie gewoond raak aan hierdie etiese raamwerk. Maar dit was die hoeksteen van ons sukses. Ons kliënte het ons vertrou; en dit het meer van hulle besigheid, en ook mense wat hulle na ons verwys het, ingebring.

Ja, regverdigheid kweek sukses. Dit behoort geen verrassing te wees nie. Die idee is so oud soos die berge:

Spreuke 12:28 Die pad van die regverdige loop na die lewe; dit is nie ’n pad wat na die dood toe lei nie.

Ons vind werklike lewe, ewige lewe, wanneer ons ‘n pad van goedheid, van geregtigheid, van etiese opregtheid bewandel. Hoekom? Want God is die God van goedheid. Hy is die God van geregtigheid. En wanneer ons daardie soort lewe leef, leef ons volgens sy voorbeeld.

Kom ons doen ‘n bietjie introspeksie: Hoe lyk jou morele raamwerk deesdae? Waarheen lei jou morele kompas jou? Want … langs die pad van goedheid is daar lewe; dit is die manier om vir ewig te lewe.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.