... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Probeer Jy Steeds Mense Beïndruk?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Probeer Jy Steeds Mense Beïndruk?


Download audio file

Dit maak nie saak hoe nederig ons dink ons al geword het nie, daar is altyd ‘n versoeking wat iewers diep binne-in skuil, wat vir ons vertel hoe wonderlik dit sal wees, as ons ander mense kan beïndruk.

Die oomblik as ons aan onsself dink as nederig – ek is nederig! – is ons allesbehalwe nederig. Dit laat my altyd stilletjies lag kry vir myself. Wanneer ons in nederigheid groei; ervaar ons ‘n geseënde bevryding van die enorme druk dat ons ander mense moet beïndruk.

En kom ons erken dit, ons het ook maar ‘n wispelturige gehoor. Die einste mense wat so betower was deur Jesus se kragtige prediking en verstommende wonderwerke, was dieselfde mense, wat toe Hy tydens daardie noodlottige Pasga-viering voor Pontius Pilatus gestaan het, uitgeroep het: “Kruisig Hom! Kruisig Hom! ”

Kan ek jou vra om net vir ‘n oomblik eerlik met jouself te wees. Mevrou of mejuffrou, in watter mate is die ophef wat jy oor jou hare en jou grimering maak, daar om ander mense te beïndruk? En julle manne, kies jy wat jy kantoor toe, of na ‘n vergadering gaan dra om jou beeld te poets? Hulle sê mos die vere maak die voël? In watter mate maak jy keuses in die lewe met die uitdruklike doel om ander te beïndruk?

En weet jy, my vriend, dit lei tot ‘n juk van slawerny waaruit God ons kom verlos het.

Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV)

Gee onder alle omstandighede slegs die beste in alles wat jy doen. Maar in plaas daarvan om jou Godgegewe talente bloot te gebruik om ander te probeer beïndruk, gebruik dit om God te verheerlik. Dis waar die vryheid lê. Dis waar jy die vervulling sal beleef.

Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.