... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onderskei Jouself

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:40-42 As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”

Listen to the radio broadcast of

Onderskei Jouself


Download audio file

Wanneer ek stil word en my eie hart ondersoek, word ek hartseer as ek besef hoe ek so deur die kultuur waarin ek leef, beïnvloed word, soveel so dat ek ‘n sterk gevoel van eiegeregtigdheid by myself bespeur. Wat van jou?

Dit kan so eenvoudig soos die aanhoudende gekef van die bure se nuwe hondjie wees. Nero is altyd so oulik, maar wanneer hy soms vir ure aaneen met sy irriterende, hoë stem blaf, word ek ongeduldig.

“Ek is geregtig daarop om rustigheid en stilte in my eie huis te geniet,” sê ek vir myself. “Ek is tog geregtig daarop, dis tog ‘n mensereg!” Moet ek by my buurman gaan kla, of moet ek net geduldig wees en wag dat Nero grootword?

Die kern van die saak is: Ek kan daardie verhouding óf maak óf breek, eer of oneer aan God bring, afhangend van hoe ek reageer. Jesus het dit so gestel:

Matteus 5:40-42  As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”

Hoe voel jy teenoor iemand, wanneer hy genadig teenoor jou is, wanneer hy jou foute oorsien, wanneer hy geduldig met jou is?

Roger Staubach is ‘n groot Amerikaanse sokkerster. Hy was ‘n voormalige vlootoffisier en ‘n het die gesogte Medal of Freedom ontvang. Na ‘n leeftyd van diens en sukses maak hy hierdie kragtige opmerking: Daar is geen verkeersknope in die ekstra kilometer nie.

As jy om die regte redes jouself van ander wil onderskei – luister na Jesus. Stap die ekstra kilometer.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.