... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Versigtig Hoe Jy Leef

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

Listen to the radio broadcast of

Wees Versigtig Hoe Jy Leef


Download audio file

Ons het net een lewe om op hierdie aarde te leef en die dae flits so vinnig verby… So wat gaan jy met jou ‘vandag’ doen? Wat gaan jy, met jou ‘môre’ doen?

Ons moet onsself gereeld afvra wat ons met ons kosbare tyd doen. Staan doelbewus terug van die geroesemoes van die lewe wat ons tyd opeis, asof dit geregtig is om ons tyd op te slurp. Nee, my vriend, wees proaktief oor jou prioriteite in die tyd wat jy oor het; dink mooi na oor: die soort lewe wat jy uiteindelik wil lei; die impak wat jy begeer om te maak … die nalatenskap wat jy uiteindelik in die lewens van ander gaan agterlaat.

Nouja, dit laat ‘n mens dink, nè? Wat gaan jy met jou ‘vandag’ doen? Wat gaan jy met jou ‘môre’ doen? Konsentreer hierop, terwyl ons na hierdie raad van God luister:

Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

En… wat sê God hier? Wees baie versigtig om verstandig te lewe. Met ander woorde, moenie jou lewe met waardelose dinge verkwis nie. Dit sal dwaas wees. Dis ‘n vermorsing van jou kosbare tyd. Soek eerder in hierdie moeilike tye na elke geleentheid om goed te doen.

Watter geleenthede het jy vandag en môre om goed te doen; om God se liefde aan ander te bewys; om ander aan te moedig; om hulle moed in te praat; om hulle te help … om hulle van Jesus te vertel?

Wees baie versigtig hoe jy lewe

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.