... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Foute Wat Mans Maak (1)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Listen to the radio broadcast of

Die Foute Wat Mans Maak (1)


Download audio file

 ‘n Man kan so ‘n klipkop wees wanneer dit by gesinsake kom. Regtig! Op een of ander manier stop ons nooit om te dink aan wat ons gesinne werklik van ons nodig het nie. Gevolglik hou ons aan om dieselfde foute telkemale te herhaal.

Die grootste fout wat mans maak – en dit is een wat ek al te dikwels gemaak het – is om hulle vrouens oneerbiedig te behandel. God se plan vir ons gesinne is dat die gesin op ‘n rotsvaste, dog teer eenheid tussen man en vrou gebou moet word. 

Dit is ‘n eenheid wat elke keer gebreek word wanneer ons, as mans – luister gerus mooi, ouens – ‘n gebrek aan respek toon vir die een persoon op hierdie planeet, wat die belangrikste persoon in ons lewe behoort te wees. 

1 Petrus 3:7Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Die moeilikste ding vir enige man is om sy vrou ten volle te verstaan – ek dink dit is nogal ‘n lewenslange ontdekkingsreis! Nietemin, word ons as mans geroep om met meer begrip met ons vrouens saam te leef, want hulle is immers baie anders as ons.

Ja, ons weet, sy is fisies swakker, tog is dit juis in daardie konteks wat God mans beveel om vir hul vrouens respek te toon. Hoe? Moenie kwaai woorde gebruik nie. Moenie haar voor ander verneder of haar waarde as persoon ondermyn nie. Moet nooit enige fisiese geweld gebruik nie. Nee, onder geen omstandighede nie!

En weet jy, God voel so ernstig oor hierdie opdrag, dat indien ons ongehoorsaam is, Hy sal ophou om na ons gebede te luister.

Mans, leef met begrip saam met julle vrouens en respekteer hulle!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.