... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat Is Goed?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wat Is Goed?


Download audio file

Ons leef in ‘n wêreld van skerp kontraste. Swart en wit. Lank en kort. Ryk en arm. Jonk en oud. Maar die belangrikste van al hierdie is: goed teenoor kwaad. Nouja, wat is die verskil tussen daardie twee?

Wel, namate die morele beginsels wat vir alle mense van toepassings is, agteruitgaan, word dit al hoe moeiliker om tussen reg en verkeerd te differensieer. Diegene wat sterk beginsels het, word nie net bespot nie, maar ook vervolg.

Soos die apostel Paulus in Romeine 1:32 opgemerk het, het die waardes van die samelewing so verval, dat mense nie slegs kwaad doen en daarmee wegkom nie, maar hul boosheid word oral aanvaar en goedgekeur. Diegene wat hierdie dinge doen, word selfs nagevolg en aangemoedig.

Goed, ek weet ons praat in hierdie versie van die geskiedenis van tweeduisend jaar gelede, maar kom ons wees eerlik, dit kom vandag selfs meer algemeen voor. Diegene wat boosheid beoefen en bevorder, se doel is om goed en kwaad so te vermeng, dat die onderskeid so vervaag, dat alles sommer in ‘n grys area saamsmelt … tot op die punt waar baie mense nie eers meer weet hoe “goed” lyk nie. Kom óns kyk hoe “goed” presies lyk!

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (NLV)

In ‘n era waar ons vertel word dat vaste morele beginsels uit die oude doos is; ja, in ‘n era waar die versoeking baie groot is om toe te gee aan die verdorwe standaarde wat kamtig die norm is … stop net daar, my vriend! Luister na God en doen goed.

En wat is goed? Wat vra die Here van jou? Dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.