... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Alles of Niks

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Timoteus 6:18,19 Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.

Listen to the radio broadcast of

Alles of Niks


Download audio file

Watter dinge in jou lewe maak jou gelukkig? Die dinge wat jou hart laat sing en jou gees laat sweef? Wat is die dinge in jou lewe wat vir jou die kosbaarste is?   Oor die jare was daar ongelooflike vooruitgang op die gebied van tegnologie.   Aan die einde van die sewentigerjare, toe ek my eerste IT-graad gedoen het, het ons ‘n massiewe rekenaar gehad wat ‘n hele kamer beslaan het. Dit het rolle ​​papier en ponskaarte gebruik. Vandag het ek ‘n slimfoon in my hand wat twee miljard keer meer as daardie eerste rekenaar se stoorkapasiteit het.   In die vroeë 2000’s het ek saam met ‘n tegniese ghoeroe in die VSA geëet, en ek kan onthou dat hy gesê het: “Jy weet, binnekort sal ons alles op niks kan bêre.” Wel, ek dink daardie tyd het aangebreek.   Nou wonder ek maar; is ons vandag gelukkiger met al die vooruitgang op die gebied van die tegnologie? Is ons lewens ryker? Laat hierdie dinge ons harte sing en ons gees sweef?   Dit lyk vir my asof ons ons hele lewe besig is om alles aan niks te bestee. Ons wil tog uiteraard net leef. Ons wil ‘n vervullende lewe hê. ‘n Toekoms. ‘n Hoop. ‘n Ewigheid. Ons lees in:   1 Timoteus 6: 18,19 Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ‘n skat as ‘n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.   Jy kan alles besit wat hierdie wêreld kan bied en tog niks hê nie. Of jy kan lossies vashou aan dit wat jy het; dit gulhartig deel met ander en ‘n vervullende lewe hê.   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge