... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leef met Koersvaste Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Habakuk 3:17,18 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.

Listen to the radio broadcast of

Leef met Koersvaste Geloof


Download audio file

As die lewe maar net rosegeur en maanskyn was! As dinge maar net volgens plan sou verloop sodat ons fisies, finansieel en emosioneel fiks en gesond kon wees. As dit net … maar dit is nie – sommige dae gaan dit maar bedroef. So, hoe oorleef jy daardie droewige dae?

Die droewigste van droewige dae is wanneer die goeie dinge wat ons verwag, nie gebeur nie.

Wie sal nou op hul sprokiesagtige, gelukkige troudag verwag dat hul huwelik net ‘n paar jaar later in puin sal lê? Wie verwag dat hierdie pragtige baba wat vandag vir hulle gebore is, eendag in ‘n dwelmrehabilitasieprogram sal beland? Wie verwag om op die kruin van sukses in hul loopbaan dodelik siek te word?

Ons het ‘n strategie nodig om deur daardie donker dae te kom. En God het ‘n kragtige strategie, al druis dit heeltemal teen ons intuïsie in.

Habakuk 3:17,18 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.

Wanneer dinge sleg skeefloop, kan ons kies om ‘n geloof, wat nie deur ons omstandighede bepaal word nie, in Jesus Christus uit te leef. Want te midde van teëspoed, het ons ‘n Verlosser wat gesterf het om vir ons sondes te betaal en opgestaan het om vir ons die ewige lewe te gee. En dit, dit troef enigiets en alles wat ons pad kruis.

So wanneer daardie donker dae kom, kies koersvaste geloof. Kies nogtans om in die Here te jubel en te juig in God, jou Redder.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.