... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Here Kan Baie Meer Doen

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 3:19,20 Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word. Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Here Kan Baie Meer Doen


Download audio file

Elkeen van ons was seker al een of twee keer op moedverloor se vlakte. En as jy moed verloor, word jy desperaat.

Wanhoop en moedeloosheid is albei simptome van ‘n laagtepunt. Wanneer jy geen hoop meer het nie, dan weet jy jy het jou laagtepunt bereik. Jy voel asof jy nie vandag gaan oorleef nie, wat nog te sê van môre, volgende week, volgende maand, of volgende jaar…

Ek weet, ek was al daar. Miskien was jy ook. Dit is op daardie plek wat baie mense besluit om hulle eie lewens te neem … Wat is die doel van dit alles? Hoe kan ek aanhou om te lewe?

Vir enigiemand wat hulle nou in daardie situasie bevind, en vir enigiemand wat hulle eendag in daardie situasie gaan bevind, is daar hoop: 

Efesiërs 3:19,20 Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word. Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV) 

Ons kan sy liefde nie met woorde beskryf nie: dit is te groot en te wonderlik. Geen mens kan dit met sy verstand uitredeneer nie, want dit is baie groter as wat ons as mense is. Dit is hier; dit ‘n werklikheid en dit is tot jou beskikking. Mag God, deur die krag van die Heilige Gees, jou lewe met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van jou lewe is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie.

My vriend, daar is ‘n môre. Daar is ‘n toekoms. Om die waarheid te sê, met die krag van God se liefde wat in jou werk, kan Hy dinge vir jou doen waarvan jy nie eens kon droom nie… baie meer as enigiets wat jy selfs aan kan dink of vra.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.