... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Stap Dapper, Tree Versigtig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Listen to the radio broadcast of

Stap Dapper, Tree Versigtig


Download audio file

Het jy al ooit gewonder wat die beste manier is om jou geloof met ander te deel? Wat is die beste manier om God se liefde en genade aan mense, wat dit nie wil hoor nie, oor te dra? Ek kan dit nie verdra as mense dinge in my keel probeer afdruk nie; as hulle my probeer indoktrineer nie. Dit werk net nie, of hoe? As iemand wil hê ons moet van standpunt verander, moet hulle ons oortuig. Hulle moet met ‘n argument kom – ‘n logiese argument, ‘n emosionele, of selfs ‘n geestelike argument – wat ons kan laat uitroep:  Ja! Dis reg! Dit werk! Dit is waarna ek gesoek het! Ek het al gesien hoe baie ‘Christene’ hulle geloof in ander mense se kele probeer afdruk. Ek wil nie krities wees nie, maar dit werk nie! Ek sou sê dis ‘n opregte, liefdevolle egtheid wat mense, na Christene aantrek. Hulle soek na iets wat geloofwaardig is. Hulle stem miskien nie met alles saam nie, maar in hul harte weet hulle dat hier iets is wat hulle nie ken nie. God het eenkeer die volgende deur die profeet, Miga, aan sy volk gesê. Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. Enigeen wat in Jesus, as die Seun van God glo, verstaan wat goedheid regtig is. En al wat God van ons wil hê, is dat ons sy goedheid moet uitleef deur regverdig, vriendelik en lojaal te wees. Ja, dis reg, al wat God van ons vra, is dat ons Hom nederig moet gehoorsaam. En weet jy, dit is waarna mense vandag smag – ‘n liefdevolle egtheid. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge