... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Spyt is Kragtig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

Listen to the radio broadcast of

Spyt is Kragtig


Download audio file

‘Identiteitspolitiek’ is ‘n nuwe mode woord. Dit is die idee wat jou verbied om kommentaar te lewer oor my lewenstyl, want dit is wie ek is! Maar as dit die geval is, hoe gaan ons ooit groei en leer en verander, sodat ons ons Skeppingsdoel kan bereik?

Deesdae moet jy versigtig wees om nie iets te sê wat mense gaan affronteer nie. Maar dit is moeilik, omdat die waarheid, God se waarheid, reguit en soms beledigend klink.

As iemand ‘n alternatiewe leefstyl het, en ons kom en sê: ‘Wel, volgens God is dit verkeerd …’, dan glo hulle hulle word beledig.

Maar dis niks nuuts nie. Dit is wat Paulus byna tweeduisend jaar gelede aan die kerk in Korinte geskryf het in:

2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

Soms sal ons te na gekom voel, maar ons moet met diep berou die waarheid aanvaar. Deur die krag hiervan kan daar ‘n positiewe verandering in ons lewens kom.

Hoeveel egskeidings sou steeds huwelike gewees het, as mense die waarheid van onvoorwaardelike liefde opreg geglo het? Hoeveel vyande sou vriende gewees het? Hoeveel trane sou verhoed gewees het; hoeveel lewens sou verander het; hoeveel mense sou bevry gewees het, as ons maar net God se waarheid wou glo.

Natuurlik, kan God se reguit manier ons affronteer, maar …

Die soort berou wat God wil hê, sal mense laat besluit om hul lewens te verander. Dit sal tot hulle redding lei, en ons sal nooit daaroor spyt wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.