... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Krag vir die Kragtelose

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 1: 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

Listen to the radio broadcast of

Krag vir die Kragtelose


Download audio file

Vir ‘n groot deel van my lewe het ek vir myself gesê dat ek nooit enige invloed op ander se lewens sou hê nie. Ek het ‘n selfsugtige bestaan gevoer en my lewe so gemaklik moontlik ingerig. Dis net menslik, nie waar nie?

Die wêreld is so groot, en ek en jy – ons is so klein, daarom voel ons so dikwels magteloos om dinge te verander.

Daar is soveel probleme in hierdie wêreld, soveel mense in nood, soveel konflik. ‘Ek kan tog nie regtig ‘n verskil maak nie. Ek kan nie werklik ‘n impak hê nie.’ Daarom neem ons ‘n placebo. Ons vervang die regte ding met ‘n onbeduidende keuse – ek sal my naels ‘n ander kleur verf, ek sal ‘n nuwe motor koop.’ Wel gedaan. So maklik nè!

En so begrawe ons onsself net in die daaglikse onbenullighede, sonder dat ons ooit besef watter potensiaal God in ons DNA ingebou het.

Net voordat Hy na die hemel opgevaar het, het Jesus vir sy dissipels – hierdie ongeleerde manne, waarvan die toekoms van die Jesus-beweging in die eeue heen sou afhang –  gesê in

Handelinge 1: 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (’83-Vertaling)

En dít is presies wat gebeur het. Hulle het ongelooflike dinge in die volgende halfeeu vermag. Deur hulle is die kerk gebore. As jy daaroor nadink, het ek en jy as gevolg van hulle, twee duisend jaar later, hierdie ongelooflike Jesus leer ken. Deur hulle gehoorsaamheid, het ek en jy die gawe van die Ewige Lewe ontvang.

In ons eie krag kan ek en jy nie die wêreld verander nie. Maar wanneer die Heilige Gees ons bemagtig, wanneer Hy ons met sy Krag vul:  Wees gereed vir groot dinge!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.