... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kleur jou Lewe in

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 10:10 ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Listen to the radio broadcast of

Kleur jou Lewe in


Download audio file

Dis baie hartseer om daaraan te dink dat die lewe vir baie mense altyd vaal en leweloos voorkom. Ek weet ons gaan almal maar van tyd tot tyd deur so ‘n fase, maar dis nie veronderstel om permanent te wees nie. Dit was nooit God se plan vir jou om ‘n vaal, kleurlose lewe te lei nie. Nee, nooit nie. Ek het ‘n wonderlike dogter, Melissa. ‘n Paar jaar gelede toe sy nog in die huis was, het ons besluit om haar slaapkamer te verf. Die mure was net ‘n vuil wit kleur en dit het regtig ‘n vars laag verf nodig gehad. Ons het baie dapper gevoel en besluit op ‘n diep, helder pers vir die een muur en ‘n sagte wit vir die res van die kamer. Die verwery het net twee dae geduur en jy kon eenvoudig nie die transformasie glo nie. Twee dae en twee blikkies verf later, het dit soos ‘n splinternuwe kamer gelyk. Dit was ongelooflik. Kleur maak ‘n groot verskil aan die lewe. Jesus het gesê dat Hy vir ons ‘n oorvloedige lewe beplan. Ons lees in: Johannes 10:10 ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Nou ja, as Jesus is wie Hy sê Hy is – die Seun van God, die Skepper van die Heelal – dan kan ons saamstem dat Hy kleur geskep het. Kyk om jou rond. Daar is letterlik miljoene skakerings van kleure in hierdie wêreld. “Oorvloedig” sal dit nooit kan beskryf nie, of hoe? Wat sou die lewe sonder daardie kleure wees? Kan ek jou vra? Is jou lewe vol oorvloedige kleur, of is dit ‘n lewelose, vaal-vuil lewe? Miskien is dit tyd om jou lewe in te kleur. Miskien is dit tyd om na Jesus toe te kom en Hom te vertrou om ‘n ongelooflike transformasie in jou te bewerk. Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge