... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hongersnood?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 63:6,7,8a Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek. U is vir my ’n hulp.

Listen to the radio broadcast of

Hongersnood?


Download audio file

Mense kla deesdae oor dieselfde ding. Dit is die gevoel dat ons, ten spyte van die feit dat ons onsself tot oorlopens gevul het met alles wat hierdie wêreld kan bied, op die een of ander manier nog steeds leeg, onrustig, en ontevrede voel. Ons weet dat daar iets meer moet wees.

Ek is een van die mal ouens wat daarvan hou om vroegoggend op te staan ​​- gewoonlik so drie-uur of drie dertig. Ek is dol daaroor!

Gevolglik, is ek doodhonger teen sewe-uur. En dit is my ontbyt tyd. Toe ek die ander oggend my spek en eiers geniet, dink ek opnuut daaraan hoe wonderlik dit is. Die meeste van ons eet dag na dag, na dag ontbyt, middagete, aandete . . .

Nou-ja die meeste van ons kan seker sonder ‘n probleem ‘n maaltyd of twee oorslaan, maar as ons lank genoeg sonder kos bly, sterf ons.

Sê nou dit werk op geestelike vlak op dieselfde beginsel? Sê nou ons gees, moet net soos ons maag gevoed word? Sal ons gees, as hy lank genoeg honger ly – sterf?

Ek het die idee dat die omvang van geestelik hongersnood deesdae geweldig groot is. Kyk wat het Israel se koning Dawid vir God gesê, terwyl hy in die woestyn van Juda, hongersnood gely het en vir sy lewe moes vlug.

Psalm 63: 6-7 Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek. U is vir my ’n hulp.

Die waarheid is, dat ons méér nodig het as kos. Baie meer. Ons kan onsself volstop met kos en alles wat die wêreld bied, maar sonder God, sal ons nooit tevrede wees nie.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge