... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hartseer wat tot Verlossing Lei

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hartseer wat tot Verlossing Lei


Download audio file

Hartseer is nie iets wat ons onsself ooit sal toewens nie. Hoekom sou ons? Maar wag ‘n bietjie, kan ek vir jou sê dat daar een soort hartseer is wat God wil hê ons moet ervaar; omdat dit eintlik … goed vir ons is?

Die lewe het sy hoogtepunte en laagtepunte. Een van hulle wat ons diep in ‘n put laat gaan sit, is wanneer iemand ons skerp kritiseer; wanneer hulle iets uitwys wat ons liewer nie wou hê hulle moet nie; en erger nog, wanneer ons besef dat hulle honderd persent korrek is. Ewe skielik sien ons hoe dom ons was, hoeveel skade ons aangerig het … Ons sien die gevolge van ons houdings en optrede. Dis ‘n verskriklike gevoel.

Dit is juis daardie gevoel wat die apostel Paulus in sy briewe aan sy vriende in Korinte aanspreek. Ja, kyk maar na die eerste brief aan die Korintiërs wat ons op rekord het … dis voorwaar ‘n skerp vermaning. Die mense in daardie kerk het werklik hartseer en berou ervaar. Maar in sy tweede brief skryf hy in…

2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)

Dié soort hartseer wat God vir ons wil hê, is die soort wat ongelooflik goed vir ons is; dit is die soort wat ons lei tot die besluit om te verander; die soort wat ons op die pad na die ewige lewe lei. Dis wat God wil hê.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.