... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Verby

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

Listen to the radio broadcast of

Dis Verby


Download audio file

Hier is ons, op die 31ste Desember, Oujaarsdag, die laaste dag van hierdie jaar. Sodra die oorlosie twaalfuur slaan, is dit verby. ‘Finish-en-klaar,’ afgehandel!

Al is die hele jaar finaal verby, is daar baie mense wat sal toelaat dat die seerkry en mislukkings van die afgelope jaar tot in die volgende jaar, en tewens vir die res van hul lewens, hulle lewens beïnvloed. Ongelukkig is daar volgelinge van Jesus onder hulle. Selfs van diegene wat met hulle hele hart in Jesus glo.

Miskien het jy onafgehandelde sake wat uit die afgelope jaar of selfs nog verder in die verlede, kom. Is daar die een of ander ding waaroor jy spyt is? Moet jy jouself daarvoor vergewe? Is daar hartseer? Miskien een of ander vorm van mishandeling, of een of ander verlies wat jou siel soos ‘n donker verterende kanker vasgryp? Indien wel, dan het jy bonatuurlike krag nodig om jou vry te maak; Heilige Gees krag om die kettings wat jou bind, te breek. En hier is dit:

Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

God het in ‘n baie donker tyd van uitgerekte slawerny en ballingskap met Israel gepraat. Dit was inderdaad sy straf vir hulle afgodery, sonde en rebellie, maar Hy wou hulle weer herstel. 

Luister na my – nee, luister na God. Deur die krag van sy Gees: vergeet die verlede. Moenie aanhou om ou koeie uit die sloot op te grawe nie. Hy gaan ‘n nuwe ding … in jou en deur jou doen. Jy kan dit glo. Dis waar, want …

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.