... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vrug van jou Arbeid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 20:4 n  Luiaard ploeg nie in die saaityd nie en soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Vrug van jou Arbeid


Download audio file

Het jy jou al ooit in ‘n moeilike situasie bevind, waar jy so verward voel, dat jy begin twyfel: ‘Waarom kom God my nie uit die penarie red nie? God waar is U? Waarom help U my nie?”

Jy het ongetwyfeld al die woorde gehoor dat God diegene help wat hulself help. Snaaks genoeg, die meeste mense dink dat dit ‘n vers uit die Bybel is. Dit is nie. Jy kan dwarsdeur die Bybel lees en jy sal dit nie kry nie.

Maar jy sal iets kry, wat baie naby daaraan klink:

Spreuke 20:4 ’n  Luiaard ploeg nie in die saaityd nie en soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.

Dit is nie altyd maklik om die regte balans in ons verhouding met God te vind nie. Enersyds wil ons dinge laat gebeur, en andersyds moet ons  uit die pad kom om God toe te laat om te doen wat net Hy kan. Soms wil ons voor Hom uitjaag en dinge laat gebeur. Gegewe my persoonlikheidstipe, is dit iets wat ek baie meer geneig is om te doen as ander mense.

Maar aan die ander kant wil sommige mense net daar op die rusbank sit en verwag dat God alles moet doen, en dan kerm en kla hulle as Hy dit nie doen nie.

Wat van jou? Aan watter kant van daardie skaal lê jy … of lê jy miskien êrens in die middel? Jy moet maar self besluit.

Maar wie ons ook al is, wat ook al ons natuurlike ingesteldheid is, luister hierna –  tensy ons ploeg en saai, sal daar eenvoudig niks wees om te oes nie.

Terwyl jy sit en wonder oor wat die toekoms inhou, dink mooi aan dít wat God jou alreeds gewys het om te doen. Watter grond moet jy ploeg, watter saadjies moet jy nou plant?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.