... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Piesangskil

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Konings 1:15 Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Klim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.” Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.

Listen to the radio broadcast of

Die Piesangskil


Download audio file

Baie mense leef onbewustelik in ‘n konstante toestand van verdoemenis en vrees. In werklikheid beroof daardie knaende gevoel van vrees baie mense van die vryheid, wat Jesus vir ons gebring het.

 

In 2005, in Londen, het ek die moltrein by Gloucesterweg gehaal met die doel om besienswaardighede te gaan besoek. Ek was effens honger en ek het ‘n piesang op die platform gekoop.

 

Maar ek kon nêrens ‘n vullisdrom vind om die piesangskil in weg te gooi nie. Toe besef ek waarom. Met wêreldwye terrorisme wat toeneem, en wat Londen dikwels teiken, kan vullisdromme nie in openbare ruimtes gebruik word nie.

Ja, dit was slegs ‘n paar weke later, dat bomme weer op die Tavistock-plein ontplof het.

Terrorisme gaan oor vrees. Die woorde ‘vrees’ of ‘bang’ kom byna 450 keer in die Bybel voor en dít is gewoonlik God wat vir die mense sê: “Moenie bang wees nie.”

2 Konings 1:15 Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Klim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.” Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.

Ons kan, en ons behoort verstandige voorsorgmaatreëls op allerlei terreine van ons lewens te tref. Dit maak nie saak hoe hard ons probeer nie, maar ons kan nie beheer hê oor baie van die angswekkende dinge wat met ons kan gebeur nie.

Maar, ek en jy, ons het ‘n keuse. Die eerste en populêrste opsie, is om ons lewens in vrees te leef.

Dit is kommerwekkend om te sien hoe algemeen chroniese vrees voorkom.

Die tweede opsie, wat veel minder mense kies, is om die een Persoon te vertrou, wat regtig kan sê: “Moenie Vrees Nie.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.