... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Argument

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 4:31-5:1,2 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

Listen to the radio broadcast of

Die Argument


Download audio file

Soms is argumente onvermydelik. En tog kom daar in elke argument ‘n stadium wanneer ek en jy kan besluit om anders op te tree. Dis wanneer ons ‘n tree terug kan neem en die volgende tree in liefde, eerder as in woede kan neem. Die ander dag het ‘n jong dame aan ‘n groep van ons vertel van ‘n argument wat sy met haar man gehad het. “En weet julle wat die hele saak befoeter het?” het sy gesê: “Dit was net die toon van sy stem. Ons het albei presies dieselfde gesê.” Ons doen dit almal. Dis wat ek sou bestempel  as ‘n ‘vurige ooreenkoms.’ Ons maak aannames, ons reageer, ons vlieg mekaar in. Maar wat gebeur as ons navolgers van God word? Wat sal gebeur as ons eerder ander mense behandel, soos God ons behandel? Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was. ‘n Slim man het eendag vir my gesê: wanneer jy die woord ‘omdat’ in die Bybel lees, moet jy vra: waarom is die ‘omdat’ daar? Efesiërs 4: 31,32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Onthou nou, die volgende keer as iemand iets sê waarop jy negatief wil reageer, stop, dink … Sal dit nie heeltemal ‘n ander uitkoms hê, as jy reageer met dieselfde soort liefde wat Jesus vir jou gehad het, toe Hy vir jou gely het en gesterf het nie? Wat sal gebeur as jy, in plaas daarvan om hom in te vlieg, bereid sou wees om die minste te wees? Wees ‘n navolger van God … gee jouself as ‘n lewende offer, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge