... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Weergebore

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:23 Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.

Listen to the radio broadcast of

Weergebore


Download audio file

As jy jouself ‘n Christen noem, wil ek jou vra, is jy waarlik ‘n Christen? Nie volgens jou eie definisie nie, maar volgens wat die Woord van God sê. Is jy “weergebore” … of nie? Jou antwoord is baie belangrik! Ek het onlangs saam met ‘n paar mense in ‘n motor gery en die gesprek het gehandel oor wat dit beteken om ‘n Christen te wees. Dis interessant, want hulle was nie gelowig nie en daarom het ek met groot belangstelling geluister. Hulle vra toe my opinie. Toe ek begin vertel, het een dame my met minagting en afgryse in haar stem onderbreek: “Ag, ek hoop nie jy is een van daardie weergebore Christene nie!” Ek het geglimlag, want ek sou ‘n paar jaar gelede presies dieselfde gesê het. Ek dink dat sy ‘n bietjie in die gesiggevat was, toe ek antwoord: “Wel, dit is die enigste soort Christen wat daar is.” Kyk wat staan in:   1 Petrus 1:23  Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. Om ‘n Christen te word, gaan nie oor die opruiming van jou lewe met die hoop dat God jou dan sal aanvaar nie. Dit is heeltemal die teenoorgestelde. Dit is nie iets waarvoor jy kan werk nie, dit is ‘n geskenk wat God aan jou gee wanneer jy die lewegewende boodskap van God glo. ‘n Boodskap wat vir ewig aanhou. Dit is soos ‘n splinternuwe begin, wanneer ons met alles wat ons is, met alles wat ons het, met elke hoop en elke droom – glo dat Jesus Christus vir ons gesterf het. Dit gebeur wanneer ons in ‘n verhouding met ‘n liefdevolle God tree, Een wie se liefde jou totaal verbyster en onsself aan daardie God oorgee. Dit is wat dit beteken om weer gebore te word. En dit is die enigste soort Christen wat daar is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge