... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Tieners wat Vroeg opstaan op ‘n Saterdag?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Listen to the radio broadcast of

Tieners wat Vroeg opstaan op ‘n Saterdag?


Download audio file

Ek dink ‘n deel van die grootword-proses, is om verantwoordelikheid vir ons eie foute te neem. As ons ‘n fout maak, is ons eerste instink dikwels, om iemand anders daarvoor te blameer. Maar om ons mislukkings, ons swakhede, ons foute te eien, is die eerste stap na ‘n beter lewe. Saterdag is beslis my gunsteling dag van die week. Dit is die een dag wat ek lekker laat kan slaap. Ek hou van daardie gevoel. Ek onthou een Saterdagoggend, ‘n hele paar jaar gelede, so net na ses, terwyl ek nog heerlik, half deur die slaap, in die bed lê, toe ek ons tiener dogter, Melissa, hoor stort en regmaak vir skool. Ek was heeltemal uit die veld geslaan. Ons het eers na die tyd die storie gehoor. Toe sy wakker word, het sy skoon vergeet dis Saterdag, sy’t opgevlieg en begin stort. Kan jy jou dit voorstel? ‘n Tiener wat daarvan hou om Saterdae laat te slaap? Dit was gelukkig net ‘n glips, waaroor ons lekker kon lag, want dit was onskadelik. Gewoontes is kragtig. Ons doen dikwels dinge, sonder om eers te dink, want dit is deel van ons roetine. Weet jy, dat ons verkeerde gewoontes ons lewens kan verwoes? En weet jy, wanneer dit kom by ons slegte gewoontes, bedrieg ons onsself en ons gee voor dat ons onskuldig is? 1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Die eerste stap, is om met God te praat oor jou geheime en slegte gewoontes. Bely dit met ‘n opregte hart, en met diep berou. God belowe dat Hy ons sal vergewe, en Hy sal – want Hy is getrou en regverdig. Maar Hy sê ook dat Hy ons van hierdie sonde sal reinig. Dit is hoe groot ons God is. Bely jou sondes voor God en Hy sal jou vrymaak. Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge