... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

George Lucas

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.

Listen to the radio broadcast of

George Lucas


Download audio file

Dit is interessant hoe die pryse van artikels wêreldwyd van mekaar verskil. Die vergelyking tussen gewone dinge soos ‘n bottel water of die prys wat jy betaal om jou hare te laat sny, vertel jou baie oor die lewenstandaard van ‘n land.

Ek was onlangs in Indië op ‘n konferensie in Bangalore. Tydens middagete gesels ek met George Lucas, ‘n kollega van my. Nee, nie die een wat al die Star Wars-films gemaak het nie. George is ‘n man in sy sewentigerjare. Sy vrou, met wie hy vyftig jaar lank getroud was, is net ‘n paar weke gelede oorlede, nadat sy twaalf jaar bedlêend was. Hy is deur ‘n moeilike tyd.

Terwyl ons die gesprek lig probeer hou, vra hy my oor ‘n koppie tee: “Hoeveel betaal jy om jou hare in Australië te laat sny?” Nie ‘n onredelike vraag nie.

Nadat ek die omskakeling van dollars na roepees gedoen het, antwoord ek hom: “Ongeveer 800 roepees is ‘n redelike gemiddelde prys.”

Hy roep in verbasing uit. “Kannie wees nie, ek betaal slegs 8 roepees vir myne.” Dit blyk dus dat George 100 keer sy hare kan laat sny vir die prys van een haarsny in Australië. Dink net, hy sal my ver wen –  seker al sy haarkapper in die hemel besoek –  vir die prys van my volgende haarsny in Australië!

George is geensins ‘n welgestelde man nie. Ten spyte van die feit dat hy baie deurgemaak het, is daar ‘n vrede, ‘n vreugde, en ‘n rustige opgetoënheid in hom, wat jou na hom toe aantrek. Jy sien, George weet dat geld nie vrede kan koop nie.

In Romeine 14:17 staan: Die koninkryk van God is nie ‘n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge