... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geen Illusie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”

Listen to the radio broadcast of

Geen Illusie


Download audio file

Kan ek jou ‘n vraag vra: Waaroor gaan hierdie hele Jesus-storie? Is dit waar, of is dit ‘n illusie? Is diegene wat op Jesus vertrou, reg, of jaag hulle ‘n onwerklike droom na?

Ek hou daarvan om na ‘n vertoning van ‘n kulkunstenaar te kyk. Mense noem hulle towenaars, maar dis nie toorkuns nie, al wat hulle doen, is om ons te kul met dit wat hulle ons toelaat om te sien, en dit wat hulle wegsteek.

Jare gelede, terwyl ek nog in die rekenaar-besigheid was, het ek ‘n kliënt gehad, wat sulke toertjies gedoen het. Hy het ‘n klein guillotine gehad en jy moes jou vinger deur ‘n gat steek. Daar was twee klein gaatjies vir tandestokkies bo en onder. Die toestel was ‘n groot stuk hout met ‘n metaal blad. En op die telling van drie sou hy die guillotine na onder afklap en die twee tandestokkies bo en onder jou vinger sou knak, maar jou vinger in die gat was nog in een stuk. Ek kon nooit agterkom hoe die ding werk nie. Dit het my mal gemaak!

David Copperfield was vir baie jare een van die grootste kulkunstenaars. Ek was al by een van sy vertonings en het gesien hoe hy letterlik in ‘n groot, verseëlde Perspex-boks vlieg. Hy is absoluut briljant. Maar hy het die volgende gesê:

God se wonderwerke, wat in die Bybel opgeteken is, is ver groter as enigiets  wat ‘n illusionis ooit sal kan doen. Maar, groter as enige fisiese wonderwerk, is die vermoë van hierdie man, Jesus, wat vir ontelbare miljoene mense deur die eeue heen betekenis aan hul lewens gegee het.

Dit is geen illusie nie. Nee, my vriend, dis absoluut waar. Laat my dus toe, om jou met hierdie gedagte te laat:

Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge