... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die lewe se Aandagafleiers

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 48:12 Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste.

Listen to the radio broadcast of

Die lewe se Aandagafleiers


Download audio file

Het jy al ooit gevoel asof God in die besige lewe van jou vergeet het? Jy is lief vir Hom, jy glo in Jesus, maar op een of ander manier lyk dit asof God in die niet verdwyn het.  

Daar is deesdae soveel dinge wat ons aandag in beslag neem; e-posse, telefoonoproepe, inkopies, televisie, die rondry van die kinders skooltoe, buitemuurse aktiwiteite… net te veel eise wat aan ons gestel word. Ons klou vas aan die hoop dat die tempo uiteindelik sal bedaar, maar dit gebeur nooit nie.

En hoewel geeneen van die dinge op hul eie sleg is nie, word dit net mettertyd te veel. Eendag skrik jy wakker en dink: “Waaroor gaan dit alles? Waarheen jaag ek? En wat het van God geword te midde van dit alles?”  

Goeie vrae. Kom ons kyk wat God eenkeer gesê het in: Jesaja 48:12Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste. Hy is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste. Hy is ontsagwekkend. Regtig… almagtig.  So onberekenbaar groot, dat daar niks is wat met Hom kan vergelyk nie. In sy teenwoordigheid, word al ons ou probleempies niksseggend.

Maar kyk wat sê God:  luister na Myluister. Hou op om rond te skarrel, raak stil en luister. Die Here het jóú geroep, want jy is deel van die eiendomsvolk van God. My vriend, jy behoort aan God. Hy is die eerste, en Hy is die laaste. Dis die boodskap wat ek en jy moet hoor. Ons moet ‘n ewigheidsperpektief kry op al die nietighede wat ons lewens beheer. Want as ons dit doen, neem al die ander dinge hul regmatige plek in. Moenie toelaat dat die sorge van die lewe jou aandag van jou Here af steel nie. Luister na Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge