... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Belofte van Kersfees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Samuel 7:12-16 Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan. Ek sal vir hom 'n vader wees en hy sal vir My 'n seun wees. As hy ontrou is, sal Ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty. Maar my trou sal Ek nie aan hom onttrek soos Ek dit aan Saul onttrek het om vir jou plek te maak nie. Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan.”

Listen to the radio broadcast of

Die Belofte van Kersfees


Download audio file

Die koms van Jesus na hierdie wêreld was nie naastenby soos die Kersfees wat ons volgende week gaan vier nie. Dit was in misterie en raiselagtigheid gehul.

God het sy uitverkore volk, Israel, vir meer as ‘n duisend jaar vantevore reeds vertel van hierdie Verlosser wat Hy eendag vir hulle sou stuur. Talle profete het sy koms voorspel. En toe hulle Verlosser kom, het hulle dit heeltemal gemis, omdat hulle ‘n sterk krygsman-koning, wat hulle van die Romeinse besetting sou verlos, verwag het.

Hier is net een van daardie voorspellings deur die profeet Samuel aan koning Dawid, reeds ‘n duisend jaar voor Jesus se geboorte:

2 Samuel 7:12-16 Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom ‘n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam ‘n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan. Ek sal vir hom ‘n vader wees en hy sal vir My ‘n seun wees. As hy ontrou is, sal Ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty. Maar my trou sal Ek nie aan hom onttrek soos Ek dit aan Saul onttrek het om vir jou plek te maak nie. Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan.”

Sien jy in hierdie versies verwysings na sonde, geweld en straf? God het nie vir Jesus gestuur om sy volk van die Romeinse onderdrukking te red nie. Hy het Jesus gestuur om hulle van hulle sonde te red – om óns van ons sonde te red – deur die straf wat ons verdien, op Hom te neem. Dit was God se doel.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.