... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bly Standvastig wanneer jy Versoek word

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

Listen to the radio broadcast of

Bly Standvastig wanneer jy Versoek word


Download audio file

Die versoeking om die verkeerde ding te doen, is iets wat ons omtrent elke dag in die gesig staar. En ons kan óf daarvoor swig – soos wat baie mense doen – óf ons kan volhard en dit weerstaan. Wat doen jy?

Soos met enigiets in die lewe, kan ons óf passief óf proaktief in die hantering van die versoekings wees. Passiewe mense gaan saam met die stroom. Passiewe mense blameer dikwels ander vir hul ellende. Passiewe mense het ‘n teiken op hul bors geverf waarna ons vyand, die duiwel, maar te gewillig is om keer op keer te mik.

Dink mooi, is jy passief of proaktief as dit by die versoekings in jou lewe kom? 

Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

Die uitdaging is om getrou te bly wanneer jy versoek word en daardeur jou geloof te bewys. Geloof sonder werke is dood, nie waar nie? Ons goeie werke is die bewys van ons opregte geloof. Dit is ‘n tema wat van begin tot einde, dwarsdeur die Bybel, loop. 

Jy weet watter dinge vir jou ‘n struikelblok is. Jy ken jou swak punte. Jy moet voorbereid wees vir die situasie wanneer daardie versoeking jou aanval –  nie ás nie, want dit sal verseker gebeur. Wat is jou plan wanneer iemand jou woede ontketen? Wat is jou plan wanneer jy in die versoeking kom om te kul? Wat is jou plan?

Wie, sal sonder ‘n plan om die vyand af te weer in ‘n oorlog ingaan wanneer hulle 100% seker is dat die vyand hulle gaan aanval? Dit sal sommer dom wees, nie waar nie?

Nouja, maak ‘n plan. Ons weet almal die versoeking sal kom. Dit is proaktief om te volhard. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.