... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waar is Jou Vestings?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak

Listen to the radio broadcast of

Waar is Jou Vestings?


Download audio file

Wat is jou natuurlike reaksie wanneer struikelblokke op jou pad dreig om jou te pootjie? Hoe hanteer jy hulle? En as jy nou mooi terugdink, hoe suksesvol het jy hulle in die verlede hanteer?

Hindernisse skep stres en lyding. Ja, as ons eerlik is, het ons nie onder daardie negatiewe omstandighede altyd die beste keuses gemaak nie. En die ander belangrike ding om te verstaan, is dat nie al die hindernisse daar is om so vinnig as moontlik te oorwin nie. Dikwels is dit iets in jou hart wat eers hanteer moet word.

Kom ons kyk na ‘vestings’. Ons is geneig om aan hulle te dink as die een of ander donker geestelike krag of plek buite ons, wat ons moet oorwin. Maar miskien nie.

2 Korintiërs 10:3-5 Ons lewe wel as mense, maar ons voer nie oorlog volgens menslike maatstaf nie; want die wapens van ons oorlogvoering is nie bloot menslik nie, maar hulle het goddelike krag om vestings te vernietig. Ons vernietig argumente en elke trotse struikelblok wat opgerig word teen die kennis van God, en ons neem elke gedagte gevange om Christus te gehoorsaam. (NRSV)

Hierdie versie is die enigste plek in die Nuwe Testament waar die woord “vesting” gebruik word. Hier praat dit van die trotse gedagtes in die harte van gelowiges – dit is ek en jy! En daardie vestings daarbinne bedreig ons kennis van God. Skrikwekkend, nè!

Ek dink aan so ‘n vesting as een of ander opvatting, of een of ander gedragspatroon waaraan ons vasklou, wat in stryd is met dít wat God ons leer. En al probeer ons hoe hard, kan ons onsself nie losmaak daarvan om plek te maak vir die goeie dinge; die wysheid en die seëninge wat God vir ons beplan het nie.

Dit is hoekom ons elke gedagte gevange moet neem om Christus te gehoorsaam.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.