... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Ander Perspektief

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

Listen to the radio broadcast of

‘n Ander Perspektief


Download audio file

Dit word al hoe moeiliker vir enigiemand wat in Jesus glo, om aan te hou glo wat in die Bybel staan. Stem jy saam? Miskien dink jy soos so baie mense om jou dat dit so verouderd is dat dit glad nie meer van toepassing op jou is nie. Wel, ek kan nie daarmee saamstem nie.

Die 66 boeke van die Bybel is onder verskillende omstandighede deur verskillende mense, oor sowat 1 500 jaar geskryf. Dwarsdeur daardie tydperk en in die sowat 2 000 jaar sedertdien, het mense altyd daarteen gestry.

God se eie volk, die Israeliete, het die profete wat Hy vir hulle gestuur het, verwerp. En onthou jy, hulle het Jesus, die Seun van God, gekruisig! Die kerk self het menigmaal deur die jare die Bybel teëgestaan. Die kerk het byvoorbeeld vir William Tyndale in 1536 op die brandstapel verbrand, omdat hy die Bybel uit Latyn na Engels vertaal het.

Ja, die Bybel het ‘n moeilike pad geloop, en tog is dit steeds met ons. Dit word steeds as God se boodskap aan ons geëer. Hoekom is dit?

1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos ‘n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

Ek stem heelhartig saam met die teoloog R.C. Sproul, wanneer hy skryf: “Ons het geen reg om uit die perspektief van die 21ste eeu na ’n Bybelse teks te kyk en die betekenis daarvan te verander nie. As die perspektief van die 21ste eeu nie by die Bybel pas nie, is dit die perspektief wat verkeerd is, nie die Bybel nie.”

die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig. En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.