... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Meer as wat Jy Jou Kan Indink

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 3:20,21 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Meer as wat Jy Jou Kan Indink


Download audio file

Voel jy ooit … magteloos met alles wat in jou hart en verstand aangaan? Moedeloos met alles wat in jou lewe aangaan? Moedeloos met alles wat in die wêreld om jou aangaan? Ek bedoel, heeltemal magteloos? Jy is nie alleen nie.

Daar is beslis tye wat ek ook magteloos voel. Ons almal beleef sulke frustrerende tye. Dinge wat heeltemal buite ons beheer is, oorweldig ons. Ons voel nie net onmagtig om die situasie te hanteer nie, maar dis so erg dat dit dreig om ons te verswelg.

Gister het ons gesels oor die triljoene sterre in die hemele. Kom ons kyk vandag net na een van hulle – ons son. Elke sekonde lewer die son 384,6 septiljoen (1024) Watt in die vorm van krag. Anders gestel, dit is dieselfde as 1,82 miljard keer die krag van die grootste kernbom wat ooit gebou is.

Maar weet jy, ons son is maar middelmatig in grootte en nie die grootste ster tussen die triljoen, triljoene waarvan ons weet nie. En God het hulle almal geskep. So wanneer ons van God se krag praat, moet ons besef hoe ongelooflik groot dit is. Regtig, regtig groot.

Efesiërs 3:20,21 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen. (NLV)

Wanneer ons magteloos voel, het God meer as genoeg, baie meer as genoeg mag om enige krisis waarmee ons te doen het, te konfronteer. En met daardie mag – sy mag – wat in ons werk, kan Hy baie, baie meer doen as enigiets waaraan ons selfs kan begin dink of voor kan vra.

Al die eer kom Hom toe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.