... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Belangrik Is Geloof?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 11:6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

Listen to the radio broadcast of

Hoe Belangrik Is Geloof?


Download audio file

Die werklike stryd wat ons vandag in die gesig staar, vereis werklike geloof – aktiewe geloof. Geloof wat ook na vore kom wanneer dit moeilik gaan. Geloof wat ons help om die wêreld te oorwin.

Het jy al ooit gewonder hoekom dit so is? Hoekom is dit die  manier waarop God werk? Eerder as om net daar te wees en ons te help om die beproewinge en lyding te vermy, vereis Hy van ons ‘n geloof in ‘n God wat ons nie kan sien of aanraak en hoor of voel nie. Hoekom sou God dit doen?

Die afgelope paar dae het ons gesels oor dié soort geloof wat die wêreld oorwin – die struikelblokke daar buite wat ons konfronteer en die hindernisse in onsself; ons vrese, ons swakhede en ons mislukkings.

As God sigbaar, heeltemal toeganklik was, as Hy honderd persent van die tyd in ons lewens ingegryp het om enige soort pyn of lyding of selfs ongemak te voorkom, wel … stel jou so ‘n ouer voor. Al waarmee jy uiteindelik mee sal eindig, is ‘n klomp bedorwe kinders, nie waar nie?

In plaas daarvan gee God, soos enige goeie pa, sy kinders die geleentheid om sy weë te volg; of nie, om goeie keuses te maak; of nie, om Hom te vertrou; of nie.

Hebreërs 11:6 As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

My vriend, God is besig om jou geloof in Hom te laat groei en in die proses jou karakter te bou. Gebruik die geleentheid om in jou hart te glo dat Hy wel bestaan en dat Hy diegene beloon wat Hom soek wanneer teëspoed jou tref.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.