... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Bemoedig Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 7:4-6 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry. Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

God Bemoedig Jou


Download audio file

Die woord “swaarkry” teken nie ‘n mooi prentjie nie, nè? Dit is beslis nie een waarvan ons ooit eienaarskap van sal wil neem nie. En tog is daar tye wanneer daardie woord die regte woord is om die situasie waardeur ons gaan, te beskryf.

Dit is ‘n woord wat die apostel Paulus by meer as een geleentheid in sy briewe gebruik het. Soos die keer toe hy aan sy vriende in Korinte geskryf het in:

2 Korintiërs 7:4b En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry.

Nouja, dit is ietwat vreemd vir iemand om sy vriende te bemoedig deur te sê dat hy, ten spyte van sy omstandighede, oorloop van vreugde. Maar daardie sin vertel ons baie van die God op wie Paulus vertrou het. Trouens, hy gaan voort om te sê …

2 Korintiërs 7:5,6 Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus.

Ek is so opgewonde om hierdie gedeelte vandag met jou te kan deel. Jy kan hieruit leer, dat te midde van die probleme wat jy ook al in die gesig staar, God vir jou vertroosting bring. Hy praat deur sy Woord met ons van die vertroosting, die vreugde en die bemoediging wat sy Gees bring, wanneer ons van buite aanvalle beleef; en van binne vrese ervaar.

My vriend, hierdie boodskap is vir jou. Hy wil te midde van jou beproewings, vir jou sy troos, sy vreugde, sy bemoediging laat ervaar. Jy kan Hom vertrou om presies te doen wat Hy sê. Vertrou op Hom! Gaan na Hom en vra Hom om hierdie belofte in jou lewe waar te maak.

God bemoedig diegene wat swaarkry.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.