... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geloof Wat Oorwin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 5:3-5 Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Listen to the radio broadcast of

Geloof Wat Oorwin


Download audio file

Waarom laat God pyn en lyding in ons lewens toe? Waarom sukkel jy met dit waarmee jy nou te doen het? Behoort dinge nie vir diegene wat in Jesus glo net ‘n bietjie makliker te wees nie?

Miskien het ons deesdae die ware sin; die werklike doel en die diepere betekenis van lyding in ons lewens verloor. Lyding is universeel deel van die menslike ervaring. Daar is geen wegkom kans nie.

Ryk of arm, in verdrukking of vry, in oorlog of in vrede, jy sal weer en weer ly. God, hoekom laat U toe dat dit met my gebeur?

Ek sou vir jou die korrekte teologiese antwoord kon gee – dat die mensdom se sonde, wat begin het met Adam en Eva en daardie stukkie verbode vrugte, die hoofoorsaak van alles is. Help dit jou om sin te maak van jou lyding? Waarskynlik nie. Miskien sal dit:

1 Johannes 5:3-5 Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

God wil hê jy moet die oorwinning wat Jesus deur sy lyding aan die Kruis vir jou behaal het, ervaar. Hy wil hê jou karakter moet gevorm, verfyn en gesuiwer word terwyl jy te midde van die ontbering van jou lyding, in gehoorsaamheid aan Hom leef.

Die grootste beloning wat alles in jou lewe oortref … is die feit dat jou geloof sterker en sterker word.

Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.