... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geloof Kom Deur wat jy Hoor

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 10:17 Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.

Listen to the radio broadcast of

Geloof Kom Deur wat jy Hoor


Download audio file

 Hoekom moet ouers en onderwysers oor en oor vir kinders aanmoedig en vermaan om hulle selfvertroue te bou en hulle plek in die samelewing te vind? Oor en oor. Hoekom is dit so?

Al moet ek dit self sê, is dit ‘n baie goeie vraag. Hoekom kan jy jou kinders nie net een keer berispe of vermaan en dit word ‘n permanente deel van hul mondering nie? Enigiemand wat ‘n ouer is, ken die frustrasie daarvan om ‘n miljoen keer vir kinders dieselfde ding te moet sê! Hoe frustrerend is dit nie? Hoekom luister hulle nie net die eerste keer nie?

Kinders is kinders! Maar kan jy dan net vir ’n oomblik jouself indink in hoe God oor mense soos ek en jy moet voel  – daardie gevoel van frustrasie … Hoekom luister hulle nie net na My nie?

Wel, dit is ‘n groot vraag Here. Hoekom luister ons nie? Die antwoord is …  ons luister eenvoudig nie.

Romeine 10:17 Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.

Die rede vir hierdie antwoord is vir baie van God se mense tweeledig. Eerstens lees hulle nooit hul Bybels nie en tweedens, wanneer hulle dit doen (of wanneer hulle ‘n boodskap hoor), maak hulle nie erns daarmee nie. Dit bly kop-kennis en sak nie na hulle harte toe af nie.

Gister het ons gesels oor die gevare om onsself deur ongelowiges te laat beïnvloed. Dié soort mense wat ons geloof ondermyn. Wel, hier is die positiewe keersy van daardie muntstuk: wanneer ons na God luister, en sy Woord in ons harte ontvang; versterk dit ons geloof en dít laat ons groei. 

Wat van jou? Wat beïnvloed jou die meeste? Jou ongelowige vriende, die politieke bog wat op jou sosiale platforms flits, of die gewaagde programme wat jy op Netflix kyk … of die Woord van God? Dit is ‘n ontnugterende vraag, nè?

Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.