... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Disfunksionele Gesin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 3:11-15 Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”

Listen to the radio broadcast of

Disfunksionele Gesin


Download audio file

‘n Mens hoor baie dikwels predikers soos ek praat oor hoe die perfekte Christelike gesin veronderstel is om te lyk. Maar wat van die disfunksionele gesinne? Wat van die gebroke huisgesinne?

Daar is baie gebroke huisgesinne daar buite en as jy toevallig een van hulle is, of ken, dan is vandag se boodskap vir jou. Weet jy, Adam en Eva was gelukkig en tevrede, totdat hulle in opstand gekom het en die vrugte van dié een boom geëet het, wat God hulle uitdruklik verbied het om van te eet.

Genesis 3:11-15 Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”

Sonde skeur gesinne uitmekaar. Wanneer ons God verwerp en kies om ons eie paadjie te loop, is die impak op ons gesinne rampspoedig.

In watter toestand jou gesin ook al is, kan jy die verlede nie verander nie, maar jy kan ‘n baie beter toekoms omhels. Jy kan sommer nou besluit om jou trots te sluk en die Here jou God met elke asemteug te eer.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.