... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Strik van Rykdom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.

Listen to the radio broadcast of

Die Strik van Rykdom


Download audio file

Is dit eerbaar of oneerbaar vir ‘n belydende Christen om ‘n gerieflike neseier vir hul aftrede te spaar, terwyl daar nog soveel mense dwarsdeur die wêreld is wat honger ly en baie mense in ons eie land, wat op straat woon?

Dit is nogal ‘n verwarrende vraag, omdat die sosio-ekonomiese omstandighede van mense regoor die wêreld – mense wat vandag se VARS boodskappe in hul eie taal kyk, luister of lees – so dramaties verskil.

Ek onthou dat een van my dosente in die Bybelkollege lank gelede gesê het dat as dit nie vir alle mense; rykes en armes, swartes en wittes werk nie … dan is dit nie die Evangelie nie. En ek stem saam. Nouja, wat moet die rykes met hul rykdom doen?

Jesus het ons aan die eenkant geleer om nie vir onsself skatte op hierdie aarde bymekaar te maak waar roes en mot dit kan vernietig en diewe dit kan steel nie, maar eerder om skatte in die hemel bymekaar te maak, waar dit nie verlore kan gaan nie.

Aan die ander kant lyk dit tog na ‘n verantwoordelike ding om te doen om ‘n bietjie spaargeld te hê wanneer ons ouer word, om aan ons behoeftes te voorsien. Die Bybel praat dikwels van harde werk, maar ook van spaar. Of jy nou baie ryk is of nie, kyk wat staan in:

Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.

Trots is ‘n baie gevaarlike strik van rykdom. Wat jy ook al het, kom van die Here af. En een van die maniere om daardie strik te vermy, is om vir jouself skatte in die hemel bymekaar te maak. Dit beteken om te gee – nie net uit jou surplus nie – maar radikaal en mildelik.

Moet nooit vir jouself sê: Ek het al hierdie rykdom deur my eie krag en vermoë gekry nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.