... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Duurste Prys

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Duurste Prys


Download audio file

Die sentrale boodskap van die Evangelie – die ‘Goeie Nuus’– is dat Jesus, die Seun van God, ‘n mens geword het en vir ons sondes gesterf het, sodat die prys wat God se geregtigheid eis, betaal sou word, en as ons in Jesus glo, dan het ons die gawe van die ewige lewe. Dis dit.

Dit is voorwaar goeie nuus. Trouens, dit is die beste nuus wat die mensdom – wat ek en jy – ooit sal ontvang. En as dit ‘n boodskap is wat jy nog nie ontvang het nie, wil ek jou aanmoedig om vandag jou hart daarvoor oop te maak, om in Jesus te glo, met alles wat jy is.

Die vraag is, sodra jy dit gedoen het, sodra jy finaal besluit het om te glo dat Jesus die weg, die enigste weg, na die Vader is, wat kom volgende? Hou ons net aan om die lewe te leef soos gewoonlik? Glad nie.

Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV)

God roep ons – om dit wat Hy vir ons gedoen het deur Homself te laat kruisig – om sy voorbeeld te volg; om dieselfde ding te doen. Om ons lewens as ‘n lewende offer aan Hom te gee – ‘n offer wat vir God welgevallig is.

Jesus het die finale prys vir jou betaal. Die regte reaksie, die enigste reaksie daarop, is om jou lewe as ‘n lewende offer aan Hom te bring; ‘n daaglikse offer wat uit jou hart uit kom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.