... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Soveel Ellende

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Kronieke 30:9 As julle terugkom na die Here toe, sal julle broers en julle seuns medelye vind by dié wat hulle gevange weggevoer het en sal hulle na hierdie land toe terugkom. Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie.”

Listen to the radio broadcast of

Soveel Ellende


Download audio file

Weet jy wat my opval van hierdie tyd waarin ons leef? Daar is soveel ellende in die lewens van so baie mense, dat dit jou verstand te bowe gaan. Hoe kan so baie mense so swaarkry?

Hoekom praat ek vandag oor so ‘n negatiewe onderwerp? Hier by Christianityworks het ons ‘n webwerf – PowerfulPrayer.org – waar duisende mense van dwarsoor die wêreld hul gebedsversoeke stuur sodat ons span intersessors vir hulle kan bid.

Ek bid self ook vir soveel mense as wat ek kan. Hulle dringende behoeftes en die haglike situasies waarvoor so baie van hulle gebed vra, breek my hart.

Kan jy jou vir een oomblik indink hoeveel miljoene, miskien biljoene desperate gebede daagliks tot God opgaan? Kan jy net dink hoe sy hart vir ons brand – ja, vir jou en vir my ook. En al hierdie ellende is ‘n direkte gevolg van die sonde van die mensdom – ja, my sonde en jou sonde ook.

Maar al is al hierdie pyn, en ons eie desperate toestand, aan ons eie toedoen te danke, wil God graag vandag hierdie woorde van bemoediging vir ons gee:

2 Kronieke 30:9 As julle terugkom na die Here toe, sal julle broers en julle seuns medelye vind by dié wat hulle gevange weggevoer het en sal hulle na hierdie land toe terugkom. Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie.”

Hoe gaan dit met jou verhouding met die Here? Dit maak nie saak hoe ver jy van Hom af weggedwaal het nie, Hy nooi jou om terug te kom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.