... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kom steeds Nader aan God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 9:10,11 Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.

Listen to the radio broadcast of

Kom steeds Nader aan God


Download audio file

Ek verstaan; jy is elke dag besig om jouself oorhoeks te werk, om ‘n regte ou werkesel te wees, om ‘n goeie lewe te probeer lei; om te probeer om aan almal se verwagtinge te voldoen; en as jy ‘n kind van God is, ook aan sy verwagtinge te probeer voldoen.

Wel, dit is wonderlik. Dit is hoe dit moet wees. Ons het gister, as jy nog kan onthou, gesels oor die feit dat jy soms, selfs wanneer jou siel en jou lyf vir jou skree om op te gee, jy maar net moet opstaan, begin een voet voor die ander sit, en aangaan met dít wat God jou roep om in hierdie lewe te vermag. Maar niemand het ooit gesê jy moet dit alleen doen nie. Maar…

Psalm 9:10 Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.

Ek weet nie mooi hoe jy daaroor voel nie, maar hierdie versekering maak my opgewonde, dit laat my gees juig. Dit lig my oë op, in plaas daarvan om na my voete te staar terwyl ek elke dag voortbeur. Ja dit lig my oë op na die majesteit van hierdie God wat, op die oomblik wat ek oorweldig word deur die gewig van my probleme, vir my die deur oopmaak sodat ek na Hom – die Skepper van die Heelal – kan hardloop vir veiligheid, vir bemoediging, vir beskerming.

Kom ons haal diep asem en laat dit insink. God is hier by jou. Sy deur staan wawyd oop … vir jou! En wanneer jy na Hom toe kom, sal jy nie sonder sy hulp weggaan nie!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.