... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Doen wat Jy Kan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Esra 10:4,5 Die saak is in u hande. Ons ondersteun u. Staan op, pak dit aan en doen dit.” Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en ook die hele Israel 'n eed laat aflê dat hulle dit sou doen. Hulle het die eed afgelê

Listen to the radio broadcast of

Doen wat Jy Kan


Download audio file

Wanneer dinge heeltemal skeefloop, wanneer jy teenkanting in die gesig staar, wanneer dit seer maak, wanneer jy bang en verslae voel, roep jou siel diep in jou binneste uit – stop, gee moed op!

Die rede waarom ek dit weet, is omdat ek meer as een keer al daar was – eintlik baie keer – in my persoonlike lewe en veral ook in die bediening van Christianityworks, waarby ek die afgelope paar dekades betrokke is. Jy voel totaal oorweldig. Jy wil net vir ‘n rukkie afskakel, dan vang ‘n situasie jou onkant en jy wil net omdraai en huis toe gaan.

Esra, die Ou-Testamentiese profeet, het voor ‘n ongelooflike uitdagende taak te staan gekom. Israel het na sewentig jaar van ballingskap in Babilon teruggekeer na die Beloofde Land. Die plek en die mense was in chaos. Jerusalem moes totaal herbou word en die Israeliete self, God se eie mense, het ook ernstige dissiplinering en opheffing nodig gehad, aangesien hulle keer op keer deur hul eie bose dade verwoes is.

Nouja mense, dit was meer as genoeg om Esra te laat tou opgooi en huis toe gaan. Maar hy was die leier wat God vir hierdie oorweldigende taak aangestel het. Toe sê die mense vir hom…

Esra 10:4,5 Die saak is in u hande. Ons ondersteun u. Staan op, pak dit aan en doen dit.” Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en ook die hele Israel ‘n eed laat aflê dat hulle dit sou doen. Hulle het die eed afgelê

Ja, my vriend, party dae moet ons net vasbyt, opstaan en stap; een voet na die ander neersit, en dít waarvoor God ons roep, doen. Ek weet dit is dalk nie wat jy wil hoor nie, maar dit is waar.

Staan op, pak dit aan en doen dit. Dit is jou verantwoordelikheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.