... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Nie Jy Net Nie!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Kronieke 16:11,12 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,

Listen to the radio broadcast of

Dis Nie Jy Net Nie!


Download audio file

Wanneer ons net mooi genoeg gehad het, wil ons moed verloor. Die tydstip wanneer ons krag faal; ons oë dof word; ons hande swak word en ons entoesiasme om dít te doen waarvoor God ons geroep het, in die niet verdwyn, dan is ons keelvol en wil ons tou opgooi.

Ek is redelik seker dat ons almal al sulke tye in ons lewens beleef het. Eens op ‘n tyd het ons soveel entoesiasme gehad vir die lewe wat ons geleef het … maar nou is daardie vonk net nie meer daar nie. Wat het verkeerd geloop?

Dit is asof ons ‘n kruispad bereik het – ons hou óf aan, gebruik die bietjie energie wat ons oor het, óf ons gooi die handdoek in en gaan huis toe. Ons kan een van drie gevolgtrekkings maak: Eerstens kan ons besluit: Alles hang van my af, ek moet aanhou. Of tweedens, kan jy soos Bruce Wilkinson in sy boek, “The Prayer of Jabez,” skryf … ek het te ver gegaan; ek het op die verkeerde plek beland. En aangesien ek reeds al die hulpbronne uitgeput het, moet ek vinnig daar padgee!

Maar ek wil jou vertel dat daar ‘n derde alternatief is, ‘n baie beter alternatief.

1 Kronieke 16:11,12 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,

Ek en jy moet besef dat ons op ons eie nooit kan bereik wat die Here, as Hy in ons leef, déúr ons kan bereik nie. Maar weet jy, dit is sy krag wat ons bemagtig en my vriend, jy was nooit veronderstel om dit alleen te doen nie.

Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.