... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Word ‘n Gewillige Dienaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

Listen to the radio broadcast of

Word ‘n Gewillige Dienaar


Download audio file

Miskien het jy al van ensieme gehoor, maar onthou jy wat hulle doen? Wel, dit is proteïene wat as biologiese katalisators optree deur chemiese reaksies te versnel. Trouens, in sommige gevalle kan die reaksie nie sonder die ensiem plaasvind nie.

Toemaar, ontspan. Dis nie ‘n hoërskool wetenskapklas nie, net ‘n bietjie van ‘n gelykenis. Ensieme is wonderlik. Hulle neem nie deel aan die chemiese reaksie nie, maar hulle maak dit moontlik en bespoedig dit.

In ‘n baie werklike sin, is dít wat die Heilige Gees in ons lewens doen. Hy maak dinge, wat ons op een of ander manier nie op ons eie kan laat gebeur nie, moontlik en versnel dít wat behoort te gebeur.

2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van ‘n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

Alles wat God vir ons sê om te doen, is goed vir ons. En die dinge wat Hy vir ons sê om nie te doen nie (en daar is nie so baie van hulle nie), maak ook sin. So hoekom dink jy dat ons nie in staat is om die dinge te doen wat Hy ons beveel nie, en weg te bly van die dinge wat Hy vir ons sê om nie te doen nie? Dis waar die Heilige Gees inkom. Hy is die ensiem, die katalisator na heiligheid, na gehoorsaamheid – Hy maak die reaksie moontlik en versnel dit.

Hy stel ons in staat om sy dienaars te wees. Nie deur die reëls te volg nie, maar deur sy Gees. Want die wet bring dood, maar die Gees maak lewend!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.