... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Weg met die Oue, Bring die Nuwe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:11,12 As die bediening van die ou verbond wat eintlik net tydelik was, gestraal het van heerlikheid, hoeveel meer sal die altyd blywende bediening van die nuwe verbond nie skitter van heerlikheid nie! Terwyl ons só ’n verwagting koester, doen ons ons werk met groot vrymoedigheid. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Weg met die Oue, Bring die Nuwe


Download audio file

Ek is redelik seker ons sal almal kan saamstem dat wette oor die algemeen noodsaaklik is. Nie almal is natuurlik goeie wette nie, maar die meeste van hulle is sekerlik. Maar sê vir my, hoe nutteloos is ‘n wet op die wetboeke, wat eenvoudig nie afgedwing kan word nie?

Ek is seker jy het ook al gewonder hoe sekere wette wat uitgevaardig word, afgedwing gaan word? En, as jy weer sien, was jy reg in jou vermoede! Hulle het in onbruik verval, en hulle is uiteindelik herroep.

Die Ou Testament van die Bybel bestaan basies uit twee dele. Eerstens God se wet, ook genoem die Pentateug, die eerste vyf boeke – Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium. En tweedens, die verhaal van Israel se stryd met daardie wet en hulle voortdurende versuim om dit te gehoorsaam.

Uiteindelik het God daardie ou wet (die ou ooreenkoms, of die ou verbond soos daar dikwels na verwys word) tot ‘n einde gebring, en dit vervang met iets baie, baie … baie beter.

2 Korintiërs 3:11,12 As die bediening van die ou verbond wat eintlik net tydelik was, gestraal het van heerlikheid, hoeveel meer sal die altyd blywende bediening van die nuwe verbond nie skitter van heerlikheid nie! Terwyl ons só ’n verwagting koester, doen ons ons werk met groot vrymoedigheid. (NLV)

God het die oppergesag van die reg vervang met die wet van genade. Ja, die ou dinge het verbygegaan, alles het nuut geword. Hy het daardie wetlike vereistes met vergifnis vervang deur Jesus te stuur om vir jou en vir my te sterf. En my vriend, wanneer jy op Jesus, die einste Seun van God, wat vir jou gesterf en opgestaan het, vertrou, laat Hy die lig van sy heerlikheid in jou hart skyn.

En dit is ‘n heerlikheid wat vir ewig sal aanhou, en daarom vul God jou reeds in hierdie lewe deur sy Gees met ‘n hoop, wat jou nooit sal begewe nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.