... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ware Vryheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:17,18 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Listen to the radio broadcast of

Ware Vryheid


Download audio file

Wil jy graag vry van jou sondelas wees? Ek dink ons sal almal bitter graag vry wil wees. En die goeie nuus is dat dít juis om daardie rede is waarom Jesus na hierdie aarde toe gekom het. Om jou vry te maak.

Hoe lyk die pad na vryheid? Nie in teorie nie, maar in die praktyk. Nie in ander mense se lewens nie, maar in joune? Komaan, hoe lyk dit eintlik? Wel, hier is God se beskouing van jou vryheid:

2 Korintiërs 3:17,18 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

As jy jou vertroue in Jesus gestel het, het jy die Heilige Gees ontvang. Dit is dié mens, wat sy geloof uitleef, wat glo dat Jesus is wie Hy sê Hy is; dat Hy gesterf het om vir hul sondes te betaal, en dat Hy weer opgestaan het om aan hulle ‘n nuwe, ewige lewe te gee. En waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

Vryheid is dus nie iets waarvoor jy werk of wat jy vir jouself optower nie, dit is ‘n gawe van God deur sy Teenwoordigheid in jou, elke minuut van elke dag vir die res van jou dae.

En daardie vryheid skyn uit ons, as God se heerlikheid vir ander om te sien … terwyl Hy ons ruwe kante afskaaf, ons harte sag maak, ons nederig maak, ons genees, ons omvorm … terwyl Hy ons verander om soos Hy te wees.

Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. Dis goeie nuus.

Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.