... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hanteer Jou Vrees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 23:4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

Listen to the radio broadcast of

Hanteer Jou Vrees


Download audio file

Hoe reageer jy wanneer vrees jou wil verswelg? Jou eerste instink is om na veiligheid terug te trek. Aan die anderkant, weet jy voor jou siel dat jy iets daaraan moet doen; dat jy dit moet hanteer.

Een van my gunsteling spotprentkarakters, Charlie Brown, het eenkeer gesê: “Geen probleem is so groot of so ingewikkeld dat jy nie daarvan kan weggehardloop nie.” Is dit nie die waarheid nie! Maar hoe goed het dit in die verlede vir jou gewerk?

Nee my maat, soms moet jy die hoofoorsaak hanteer. En dit beteken dikwels om situasies te hanteer, wat jy liewer sou wou vermy.

Psalm 23:4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

Of jy nou daarvan hou of nie; jy loop soms deur die vallei van doodskaduwee. Maar hier is die goeie nuus. God is met jou selfs op daardie plek … veral op daardie plek.

En dit is juis om dié rede waarom God daardie pad saam met jou stap: sodat jy geen onheil hoef te vrees nie. Dit is juis op daardie plek waar jy God se liefde op die kragtigste manier ervaar. En dit is in daardie donkerste valleie waar Hy jou vorm. Ja my vriend, die plek waar Hy jou vorm, tot die persoon wat Hy jou geskape het om te wees.

Iemand het eenkeer gesê dat wanneer jy jou vrees konfronteer, wanneer jy dít doen wat jou bang maak, leef jy uiteindelik dié soort lewe wat ander mense net begeer. Ja, dis beslis waar.

Maar wat jou ook al oorkom … U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.